Klemen Pisk

poet, writer, translator and musician

Poem in Afrikaans

Die kluisenaar en die wolf

'n Kluisenaar het 'n lyn getrek in die sand en gesê:
"Jy mag nie die lyn oorsteek nie."
Hy het verder 'n sirkel getrek terwyl hy sê:
"Jy moet binne die sirkel bly.
Jy mag dit oorsteek, maar nie oor die lyn gaan nie".
Toe kom 'n storm en die lyn verdwyn.
Waarna 'n wolf in die sirkel bly staan.
Hy was uitgeput van die koue en die reёn,
maar het steeds nie beweeg nie.
Hy was onseker of die lyn nog bestaan,
noudat dit nie meer in die sand getrek is nie.

Translated into Afrikaans by Norman Atterbury